Lekker saamkuier by Vastrap Sokkie

3 Aug 21 | Social

Daar is niks so lekker as ‘n sokkie op ‘n Saterdagaand nie! Vra maar vir die sowat 100 Suid-Afrikaners wat onlangs uit Georgia, Tenessee en Kentucky opgeruk het om die Vastrap Sokkie en Boeremark in Mableton GA by te woon.

Organiseerder, Nicolette Venter, sê dit was ‘n wonderlike geleentheid om te netwerk, goeie samesyn te geniet, saam te eet en net lekker te kuier. Natuurlik alles in Afrikaans!

By dié boerejol is daar gewals, ge-Macarena en gesakkie-sakkie. Die luidsprekers het alles van township musiek tot Snotkop se treffers, Klipwerf se boereklanke en bietjie country geblêr.

Nicolette sê die klomp het weer bewys “Afrikaners is plesierig en dan maak ons mos so”.

Die doel van die Vastrap Sokkie is om vir ‘n oomblik van die negatiewe dinge te vergeet en net lekker te jol.

By die Vastrap Boeremark was daar heerlike eg Suid-Afrikaanse lekkernye en snuisterye te koop. Nicolette vertel die tafels het gekreun onder koeksisters, biltong, beskuit, melktert, wyn en boereworsrolletjies om net ‘n paar te noem. As die verlange groot word, onthou om die volgende saamkuier by te woon en die gees van Afrika behoue te laat bly in die vreemde.

Dragon boat race fun!

Dragon boat race fun!

It has become a tradition for Friends of South Africa (FoSA) Nashville to compete in the city’s annual Cumberland River Dragon boat races. This year FoSA entered two boats, The Vuvuzela Sharks and the Vuvuzela Sparks, with a total of 40 paddlers and two drummers dressed in our best zebra attire.

read more
Oh, what a night!

Oh, what a night!

The recent USA4RSA gala event had all the ingredients of an unforgettable evening with stunningly dressed esteemed guests, the sounds of a top-notch Jazz band, rhythmic swing dancers on the dance floor and open hearts to contribute to a worthy cause.

read more